ʼn 13-jarige tiener is in ʼn hospitaal met ʼn regte skietwond opgeneem nadat hy en sy pa ʼn Western-fliek by die huis gekyk en daarna besluit het om van die tonele uit te beeld.
Die 55-jarige pa, van Dortmund in Duitsland, het sy seun in sy been met ʼn windbuks geskiet. Die pa het die wond versorg, maar hy het ure later, onder die invloed van alkohol, eers besluit om sy seun na ʼn hospitaal te neem. Die seun het ʼn operasie ondergaan.
Volgens die polisie was die pa nie bewus dat die vuurwapen gelaai was nie. Die polisie het beslag gelê op die windbuks en die pa se rybewys omdat hy vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur het. Die pa staan tereg op aanklag van liggaamlike besering.