Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, is Woensdag oorlede.
Elias Mudzuri, adjunkpresident van die party, het die nuus bevestig. “Soos julle weet sukkel ons MDC-T-president, dr. Morgan Richard Tsvangirai, al ʼn wyle met sy gesondheid. Dis baie hartseer om aan te kondig dat ons ons ikoon en vegter vir demokrasie verloor het. Ons dink aan en bid vir die familie, die party en die land.”
Tsvangirai (65) het kolonkanker gehad en was al sedert sy diagnose in Junie 2016 gereeld in die hospitaal.
RIV Hy is darm oorlede met die wete sy Land is verlos van Mugabe!
Hartseer nuus.
Hy het rêrig probeer goed doen.
Mag hy in vrede rus, ten minste is hy nie uitgemoor soos sy arme vrou al was dit onder die voorwendsel van ‘n ongeluk.
Jip, Riëtte. Ek is bly ek en jy en ander het dit nie vergeet nie (die ‘ongeluk). Dit is hartseer nuus. As Zim opstaan, sal Morgan se aandeel daaraan nie vergeet word nie.
Goed gese dames. Een van die min leiers van Afrika wat werklik net geoffer het en nie regtig beloning of erkenning gekry het nie. Maar ten minste gesterf met die wete dat Mugabe geval het voor hy dood is.
Stem saam
Jammer om te hoor.Ek het respek vir hom gehad.
Ek ook. Baie respek vir hom gehad. So jammer hy is oorlede. Mag sy visie voortleef in die mense wat hom gevolg het en opvolg.
Stem volkome saam. Bittere verlies vir Zimbabwe se mense. R.I.V.
Regtig gehoop dat hy dit sou maak. RIV Morgan
Shame hy is altyd ondermyn. Sy party het basies die vorige verkiesing gewen maar Mugabe het hom uitgesluit, ondermyn en gedisrespekteer. As hierdie man ooit aan bewind sou kom in Zimbabwe sou dit al baie beter met die land gegaan het. RIV groot gees, ten minste het jy probeer. Goeie non-violent man wat in ware demokrasie geglo het wat nooit ‘n realiteit geword het in Zimbabwe nie, hy is geboelie en in die tronk gegooi, sy vrou is onder verdagte omstandighede dood. Gaan rus saam met haar. Hamba Kahle
Hy was n voorbeeld van n freedom Fighter, hy het mense op die regte manier aangehits om ‘n standpunt in te neem teen onregverdigheid en daarvoor te veg nie om af te brand verwoes en te vernietig nie en hy was aan die voorpunt van die geveg en soos die vorige kommentaar gelees het kan hy sê dit wat hy deurgemaak het was alles die moeite werd, ons het sulke freedom Fighters in SA nodig
Uiteindeklik verlos van verdrukking
my innige simpatie met sy familie. Hy was ‘n ware heer en staatmaker
Wat n briljante leier en politikus. Sal hom onthou as vegter vir mense regte. Ek glo Zimbabwe sou vandag anders gelyk het met hom aan die stuur ipv die Mugabe clan. RIV