Liggaam by Houtbaai-hawe gevind

Houtbaai. (Foto: Elaine Krige)

Die liggaam van ʼn 41-jarige man is Woensdag vroegoggend by die hawe in Houtbaai, Wes-Kaap, gevind.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 02:30 van die liggaam in kennis gestel.

“Paramedici het die man op die toneel dood verklaar,” het Swartbooi gesê.

Volgens Swartbooi is die oorledene nog nie geïdentifiseer nie en die oorsaak van sy dood is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die dood bevestig.”

Luidens die webtuiste Arrive Alive was die man vermoedelik ʼn duiker.

Die polisie in Houtbaai het ʼn geregtelike doodsondersoek begin om die omstandighede rondom die man se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.