Hierdie is ’n maklike ‘gooi-alles-bymekaar-en-siedaar’-resep!
Bestanddele
- 1½ kg jong groenboontjies, gekerf
- 12 uie, fyngekap
- 750 ml (3 k) bruinasyn
- 30 ml (6 t) kerrie
- 12 tamaties, geskil en gekap
- 12 knoffelhuisies
- 10 ml (2 t) rooipeper
- 750 ml (3 k) suiker
- 6 lourierblare
- 15 ml (3 t) borrie
- 2,5 ml (½ t) fyn kruienaeltjies
- 30 ml (2 e) sout
Metode
- Kook al die bestanddele saam tot gaar, geurig en dik. Bottel dit warm in gesteriliseerde flesse.
Bron: Vallei van melk en heuning
Uitgewer: Lapa
Meer sulke resepte sal waardeer word. Bietjie moeite naweke maar dit maak die werkende vrou se werk soveel makliker gedurende die week.
Baie dankie – klink BAIE lekker, gaan dit defnitief maak.