Die Oostelike Provinsie Kings en die Pumas het Saterdag seker gemaak dat hulle vir die kwarteindronde van die Supersportreeks in aanmerking kom.
Die Kings het hul goeie seisoen voortgesit deur die Boland Kavaliers op Bredasdorp met 48-29 te verslaan (rustyd 24-17); en die Pumas het die Valke in Nelspruit met 47-33 geklop (rustyd 28-14).
Christian Rust, die Valke se buitesenter wat verlede jaar nog in Spanje rugby gespeel het, het 18 van sy span se punte met twee drieë en vier doelskoppe aangeteken.
Die OP-regtervleuel, Neil Maritz, het ʼn driekuns teen die Boland behaal.
Die puntemakers –
Boland 29 (17) – Drieë: Vian van der Watt, Edwin Sass, Gerrit van Wyk, McMillan Muller. Doelskoppe: Divan Nel (3). Strafdoel: Divan Nel
OP 48 (24) – Drieë: Neill Maritz (3), Keanu Vers (2), Michael Willemse, Malcolm Jaer, Tango Balekille. Doelskoppe: Pieter-Steyn de Wet (4).
Pumas 47 (28) – Drieë: Franna Kleinhans, Hennie Skorbinski, Emile Temperman, Frank Herne, Ryan Nell, Ruwellyn Isbell, strafdrie. Doelskoppe: Sias Ebersohn (4), Justin van Staden (2).
Valke 33 (14) – Drieë: Christian Rust (2), Anrich Richter, Dwight Pansegrouw, Etienne Taljaard. Doelskoppe: Christian Rust (4).