Supersport se hoop op Bloem en Pretoria

Die hoop is op veral Bloemfontein en Pretoria gevestig om hoogtepunte in die volgende ronde van die Supersportreeks op te lewer.

Ondanks die Griffons se lae plek op die punteleer het dié span op Rustenburg teen Griekwas gewys daar steek veel meer in hom as wat hy vroeër laat blyk het, en die Vrystaat-vyftiental (die voorloper in die Sentraalafdeling) kan nie Vrydag bekostig om oorgerus te wees nie.

Die naweek se fokus sal egter grootliks op die wedstryd in Pretoria tussen die Blou Bulle-vyftiental en die Pumas val, waar dit uit en uit om die booste trappie in die Noorderafdeling gaan.

In weerwil van die Bulle se tuisveldvoordeel, is die Pumas die gunsteling om die kragmeting te wen.

Wat die res betref, lyk seges vir Griekwas (teen die Luiperds-vyftiental), Boland (teen Grens) en die Westelike Provinsie (teen die Oostelike Provinsie) na ʼn uitgemaakte saak.

Die Valke en die Welwitschias sukkel albei vanjaar, en daar is min te kies tussen die twee spanne wat in Kemptonpark aanmekaarspring.

Die bepalings –

Vrydag

15:00 Luiperds teen Griekwas, Fanie du Toit-stadion, Potchefstroom.
18:00 Vrystaat teen Griffons, Vrystaatstadion, Bloemfontein.
19:00 Grens teen Boland, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.

Saterdag

12:15 Blou Bulle teen Pumas, Loftus Versfeld, Pretoria
15:00 Valke teen Welwitschias, Barnardstadion, Kemptonpark.
15:30 OP teen WP, Wolfsonstadion, Port Elizabeth.

Beskikbare spanne –

Luiperds

15 Lungelo Gosa, 14 Justin Newman, 13 Evardi Boshoff, 12 Bradley Moolman, 11 Gene Willemse, 10 Schalk Hugo, 9 Chriswill September, 8 HP Swart, 7 Johan Retief, 6 Gideon van der Merwe, 5 Walt Steenkamp, 4 Sthimbiso Mhlongo, 3 Robert Hunt, 2 Louis van der Westhuizen (kaptein), 1 Johan Smith. Bank: 16 Dane van der Westhuizen, 17 Matimu Manganyi, 18 Jaco Swanepoel, 19 Boela Venter, 20 Eugene Hare, 21 DP de Lange, 22 Merlynn Pieterse.

Griekwas

15 AJ Coertzen (kaptein), 14 Kyle Steyn, 13 Christopher Bosch, 12 Jonathan Francke, 11 Enver Brandt, 10 André Swarts, 9 Christiaan Meyer, 8 Jonathan Janse van Rensburg, 7 Conway Pretorius, 6 Wendal Wehr, 5 Pieter van Vuren (kaptein), 4 Sintu Majenzi, 3 Ruan Kramer, 2 Wilmar Arnoldi, 1 Devon Martinus. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Khwezi Mkhafu, 18 FP Pelser, 19 De Wet Kruger, 20 Louis Venter, 21 George Whitehead, 22 Ederies Arendse.

Vrystaat

15 Ryno Eksteen,14 Sango Xamlashe,13 Benhard Janse van Rensburg,12 Ali Mgijima,11 Lloyd Greeff,10 Ernst Stapelberg,9 Ruan van Rensburg,8 Jasper Wiese,7 Gerhard Olivier,6 Niell Jordaan (kaptein), 5 Justin Basson, 4 Sibabalo Qoma, 3 Günter Jansen van Vuuren, 2 Joseph Dweba, 1 Erich de Jager. Bank: 16 Reinach Venter, 17 Boan Venter, 18 JP du Preez, 19 Ntokozo Vidima, 20 Daniël Maartens, 21 Rudy Paige, 22 Vuyani Maqina.

Griffons

15 Duan Pretorius (kaptein), 14 Tertius Maarman, 13 Joubert Engelbrecht, 12 Arthur Williams, 11 Rodney Damons, 10 Jaun Kotzé, 9 Sherwin Cupido, 8 Cody Basson, 7 Vince Maruping, 6 Jean Pretorius, 5 Neil Claassens, 4 Gavin Annandale, 3 Rudi Britz, 2 Anrich Alberts, 1 Barend Potgieter. Bank: 16 JP Mans, 17 Danie van der Merwe, 18 PW Botha, 19 Henco Greyling, 20 Thato Mavundla, 21 Malcolm Kerr-Till, 22 Wynand Pienaar.

Boland

15 Jacquin Jansen, 14 Charles Mayeza, 13 Gerrit van Wyk, 12 Edwin Sass, 11 Valentino Wellman, 10 Elgar Watts (onderkaptein), 9 Jovelian de Koker, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Kenan Cronjé, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Stefaan Grundlingh, 2 Francois Esterhuyzen, 1 Arnout Malherbe. Bank: 16 Clemen Lewis, 17 Kyle Kruger, 18 Clinton Theron, 19 Brandon Valentyn, 20 Thor Halvorsen, 21 Adriaan Carelse, 22 Sergio Torrens

Pumas

15 Devon Williams,14 JP Lewis, 13 Trompie Pretorius, 12 Hennie Skorbinski (kaptein), 11 Ruwellyn Isbel, 10 Chris Smith, 9 Stefan Ungerer,8 Willie Engelbrecht, 9 Nardus van der Walt, 6 Jeandré Rudolph, 5 Cameron Lindsay, 4 Stefan Willemse, 3 Louis Albertse, 2 Marco Janse van Rensburg, 1 De-Jay Terblanche. Bank: 16 Frankie Herne, 17 Andrew Beerwinkel, 18 Hugo Kloppers, 19 Francois Kleinhans, 20 Reynier van Rooyen, 21 Justin van Staden, 22 Henko Marais.

WP

15 Tristan Leyds, 14 Grant Hermanus, 13 Dan Kriel, 12 Dan du Plessis, 11 Edwill van der Merwe, 10 Joshua Stander, 9 Justin Phillips, 8 Jaco Coetzee, 7 Luke Stringer (kaptein), 6 Chris Massyn, 5 Johan du Toit, 4 Brendon Esterhuizen, 3 Neethling Fouché, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Michael Kumbirai, 18 Ernst van Rhyn, 19 Marno Redelinghuys, 20 Steph de Wit, 21 Herschel Jantjies, 22 Duncan Saal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae