Vandag se sportnuus

Sewesrugby

Komende naweek word die 8ste toernooi van die Wêreldreeks in Singapoer gespeel.

Die Blitsbokke is in groep B ingedeel en sal teen Japan, Frankryk en Engeland in die groepfase te staan kom. Verlede jaar het die Blitsbokke 3de by dié toernooi geëindig. Intussen is die beseerde Selvyn Davids deur Sandile Ngcobo vervang vir die toernooi.

Superrugby

Dit gons steeds onder rugbyondersteuners oor SANZAAR se besluit dat Suid-Afrika nét vier spanne in die superreeks gaan behou. Die komitee wat die besluit sal neem, sal kyk na aspekte soos finansiële en ekonomiese volhoubaarheid, die span se ondersteuningsbasis, hul vertonings, asook stadions en fasiliteite.

Die Stormers kan dalk komende naweek ’n slot-probleem hê vir hul wedstryd teen die Lions. Beide Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit sukkel met beserings.

Aan die kant van die Lions sukkel die heelagter Andries Coetzee met ’n dyspierbesering.

Fietsry

Die Wêreldkampioenskap vir baanfietsry begin vandag in Hongkong. Twee van die items vir mans en vroue wat vandag beslis word, is die span-agtereenvolging asook  die span-naelry.

Motorwedrenne

Die Formule Een-aksie verskuif dié week na die Grand Prix van Bahrain. Sebastian Vettel en Lewis Hamilton is kop-aan-kop op die punteleer.

In die MOTO GP-reeks word die volgende wedren eers aanstaande week in Amerika gejaag.

Eendagkrieket

Die Wes-Indiese Eilande en Pakistan het gister in hul derde eendagwedstryd kragte gemeet.

West Indies   233/9 (50.0 bb)

Pakistan      236/4 (43.1 bb)

Pakistan wen met 6 paaltjies met 41 balle oor.

IPL-Krieket

Gister is daar een wedstryd gespeel.

Delhi Daredevils 205/4 (20 bb). Chris Morris het 38 lopies van net 9 balle geslaan.

Rising Pune Supergiant 108 (16.1/20 bb)

Delhi Daredevils wen met 97 lopies.

Bepalings:


Gholf

Ná die opwinding van die Amerikaanse Meesterstoernooi verskuif die aandag dié week na die RBC Heritage-toernooi in Suid-Carolina. In die Europese reeks slaan die spelers af in die Trophee Hassan II-toernooi in Marokko.

Sokker

In die Uefa Kampioeneliga was daar twee wedstryde vir gisteraand geskeduleer.

Juventus       3 – 0    Barcelona

Drie ontploffings het die Duitse Span Borussia Dortmund se bus getref terwyl hulle onderweg na die stadion toe was vir hul wedstryd teen Monaco. Die wedstryd is afgelas.

Vanaand word nog twee wedstryde gespeel.

In Suid-Afrika is daar gisteraand vier wedstryde in die Premierliga gespeel.

Chippa United        0 – 0    Polokwane City

Baroka FC            2 – 1    Free State Stars

Bidvest Wits         3 – 0    Golden Arrows

Orlando Pirates      2 – 0    Maritzburg United

Vanaand word twee wedstryde gespeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.