Pretville se Diner is bekend vir sy ongelooflike lekker melkskommels.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Proe Pretville"
Allegaartjie 2 – Program 39
In vandag se Allegaartjie gaan maak ons vir oulaas ʼn draai in Pretville waar Cilleste met Eddie Electric, oftewel Steve Hofmeyr, gesels oor sy gunsteling resep in Proe Pretville. Ons sluit ook ons reisprogram met Helen Ueckermann af en sy vertel ons van reisskrywer wees en Jakkie Louw kuier in die Allegaartjie-ateljee.
Allegaartjie 2 – Program 29
In hierdie Donderdag aflewering van Allegaartjie gesels Cilleste van der Walt met Eugene Jensen oor sy karakter in Pretville en sy gunsteling resep uit die resepteboek. Vryskut-reisskrywer, Helen Ueckermann, verduidelik waarom dit so belangrik is om ʼn bietjie navorsing te doen oor jou vakansiebestemmings en ons gesels met die gholf-avonturier, Heinrich du Preez, oor sy nuwe rekordpoging.
Allegaartjie 2 – Program 24
In hierdie Donderdag se Allegaartjie gesels Cilleste in Proe Pretville met Hendri Warricker van Lapa-uitgewers oor die resepteboek. Helen Ueckermann verduidelik waarom sy reken plesierbootvaarte is die ideale gesinsvakansie en ons kuier by Doktor Estelle Zeeman.
Allegaartjie 2 – Program 19
In hierdie Donderdag se Allegaartjie gesels Paul Kruger, vervaardiger van die musiekrolprent Proe Pretville, oor die film se resepteboek. Vryskut reisskrywer, Helen Ueckermann, verduidelik hoe jy ʼn tas moet pak sodat jou klere nie kreukel nie en Dowwe Dolla kom kuier in die Allegaartjie-ateljee.
Allegaartjie 2 – Program 14
In vandag se Allegaartjie gesels Cilleste van der Walt met Leana Pool oor die samestelling van die Proe Pretville resepteboek. Ons begin ʼn nuwe reeks oor vakansies en reis en in vandag se insetsel gesels ons oor sakereise. Allegaartjie-joernalis gesels met die sanger, Henry van Dyk, oor sy nuwe album.
Allegaartjie 2 – Program 9
In hierdie Allegaartjie vertel die karakter Grieta Geeverniet ons van haar gunsteling resep uit die boek Proe Pretville. Ons gesels vir die oulaas met Isabel Groesbeek oor genealogie en hoor wat doen Shaun Tait deesdae.
Allegaartjie 2 – Program 4
In vandag se Allegaartjie begin ons ʼn reeks oor die resepteboek, Proe Pretville. Cilleste van der Walt vra die karakter Serah Somers wat haar gunsteling resep uit dié boek is. Isabel Groesbeek, familiegeskiedenis-navorser, vertel ons meer van ons Britse voorouers en ons gesels met die musikant Louwtjie Rothman.