Die geheim oor ’n sein uit die ruimte wat so helder was dat dit deur die radioteleskoop van die Universiteit Ohio waargeneem is, is ná 40 jaar blykbaar opgeklaar.
Destyds het die sein so duidelik deurgekom dat die sterrekundige aan diens “Wow!” in die kantlyn van die uitdruk geskryf het.
Ongeveer al verklaring was dat die sein van ’n ruimtewese afkomstig was.
Dié sterrewag, ook bekend as “Big Ear,” het destyds juis na tekens van kommunikasie uit die buitenste ruimte gesoek.
Seine is veral teen 1 420 MHz gesoek omdat dit die elektromagnetiese frekwensie van waterstof is. Wetenskaplikes het tevore gemeen dis die waarskynlikste frekwensie waarop buiteruimtelike wesens sou kommunikeer.
Wetenskaplikes het verlede jaar die gedagte geopper dat ’n komeet dalk vir die uitsending verantwoordelik kon wees. Komete is met waterstof omhul. ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat twee komete, 266/P Christensen en P/2008 Y2 (Gibbs), destyds op die regte plek in die ruimte was.
Die komete is eers ná 2006 ontdek.
Toetse het bevind dat 266/P Christensen, asook verskeie ander komete, inderdaad teen 1 420 MHz uitsaai.
Die bevindings is nou in die Journal of the Washington Academy of Sciences gepubliseer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Ja dit is net weer die Amerikaners wat so goed kan wees!!!
Fassinerend, maar wat saai ‘n komeet uit? Of is dit bloot elektromagnetiese golwe wat dit uitstraal?
En wat sê die geheime boodskap? Haai daar!???
Wil die slim mense dalk die boodskap met ons deel?
Ek sien die “vreemde wesens” gebruik toevallig ons alfabet!
Ai tog, ek soek juis die lotto se wen-nommers…
Hoed af vir die Amerikaners. So baie mense skiet Amerika af, sonder om te besef oor watter ongelooflike vermoens hulle beskik, en hoe groot en gevorderd die land en sy mense is.