Sepiegids: Mediese toestand skok Swartse in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Gys in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 24 April

Tracy se deurbraak skep ’n nuwe teorie, Louis kry die kans om sy ware gevoelens te verwoord, en die nuwe lokum word vervang. Thalia word rondgery, en Tim verdwyn, tot Danny se ontsteltenis.

Dinsdag 25 April

Thalia is huiwerig oor die modelwerk, Tracy weerhou inligting van Margie, en Danny wil deur Afrika toer. At het ’n vraag vir Letitia, Jeremy konfronteer vir Annelize, en Suzy daag op.

Woensdag 26 April

Dis At en Letitia se troudag! Tertius en Tracy ontsyfer die betekenis van ’n tatoeëermerk. Danny het ’n skuldige gewete, en Thalia speel oop kaarte met Suzy oor die fotosessie.

Donderdag 27 April

Annelize moet haar besluit verduidelik, At het planne met Doepa, en Nicolette kry ’n werksaanbod. Thalia kry ’n les in versorging, en inligting oor ’n misdaadbende kom uit.

Vrydag 28 April

Annelize is geruk deur wat At haar vertel het, Tertius is woedend wanneer hy uitvind oor Karen, en Jaco het sy visier op iemand. Tracy maak iemand agterdogtig.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 24 April

Danni en Siya het ’n groot uitval oor Brendan, terwyl Wade jaloers op Justin se nuwe vriendskap is. Bianca en Dirk se planne word bespoedig, maar gaan iemand ‘n stokkie daarvoor steek?

Dinsdag 25 April

Aiden vra Wade se hulp, en Brendan veroorsaak weer probleme by die pastorie. Gaan Mymoena haar voet neersit?

Woensdag 26 April

Rhafiek kry ’n stewige dosis van sy eie medisyne, en Justin het ’n rowwe dag. Lee-Ann praat haar mond verby, terwyl Siya ’n onverwagse oproep kry.

Donderdag 27 April

Zoe en Tim moedig Danni aan om haar voet neer te sit. Wade nooi homself saam met Aiden en Justin gimnasium toe, terwyl Mymoena stres oor die toekoms.

Vrydag 28 April

Aiden kry die verkeerde indruk oor Wade en Justin wanneer Angie hom uittrap. Siya berispe Brendan oor sy houding, en Danni probeer dinge regmaak. Dirk verdwyn vir die dag iewers heen.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 24 April

‘n Mediese toestand skok die Swarts-familie, en Rossouw en Sanet kom agter die kap van die byl.

Dinsdag 25 April

Rossouw en Jacques moet vinnig dink wanneer ‘n onverwagse belegger hulself aankondig as mede-eienaar van die swemklub. Lettie se verlede spook by haar.

Woensdag 26 April

Tshepo oortuig Tommie om tot aksie oor te gaan, want die liefde wag vir niemand nie. Kurt se ondersoek bring hom nader aan die waarheid.

Donderdag 27 April

Karla skrik wanneer sy sien Anja rig weer by die klub af. Henry is angsbevange dat Kurt vermoed hy is die skuldige. Zelda vang Sanet onkant.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 24 April

Daniel moet noodgedwonge vir Bianca van Saartjie se dwelmprobleem vertel, maar gaan Saartjie dit oorleef? Tanner vra Eva om saam met hom landuit te vlug.

Dinsdag 25 April

Eva en Lennie se verhouding bereik breekpunt. Beatrice en Thys stel die onderwysers in kennis van die drastiese stappe wat by die skool geneem moet word. Saartjie berou wat sy gedoen het.

Woensdag 26 April

Lennie voel hopeloos sonder Eva en het nie die krag om die gemors, wat hy die vorige nag gemaak het, op te ruim nie. Saartjie vertel vir Bianca dat sy nie ’n dwelmverslaafde is nie.

Donderdag 27 April

Bianca sukkel om antwoorde uit Saartjie te kry, Judy wil die radio-ateljee vandag voltooi, en Beatrice ontvang ’n onverwagse besoeker by die skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.