André Christof
André en sy vrou, Katie, se passie was nog altyd die natuur en saam het hulle in die afgelope 35 jaar gereeld die Krugerwildtuin besoek. Hierdie besoeke het gepaard gegaan met hul stokperdjie om wedervaringe, wat op DV kamera vasgelê is, te verwerk en op DVD te sit. Omdat hul ervaring was dat dit baie mense nie beskore is om werklik die diere en voëls met die fyner detail te ervaar nie, het André `n paar jaar gelede `n paar van sy skrywes aan Rapport gestuur. Hulle het hom daarna genader om vir hulle `n natuurblog te skryf. Die blog, Op vlerke, verskyn sedert Augustus 2012.
Die boek bevat 27 stories van Andre se ervarings in die Krugerwildtuin. Dit beskryf ook die aanval wat in die onderstaande video te sien is waar die leeuwyfie ʼn rooibokram binne 15 sekondes plattrek. Die wyfie en vier mannetjies het die bok binne 13 minute verslind.
E-boek is hier beskikbaar
Uitgewer: Kwarts
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan aflewering