Matrikulante van Fish Hoek High School in Kaapstad het op hul laaste skooldag hul skoene agtergelaat.
“Ons matriekklas van 2015 het hul eksamens afgehandel en hul skoolskoene uitgetrek,” het die skool op sy Facebook-blad verduidelik. “ʼn Nuwe begin. Die skoene word aan behoeftiges geskenk.”
Two Seas News het die foto’s op hul Facebook-blad gedeel.
Doen julle dit ook by julle skool? Laat weet ons gerus in die kommentaarblokkie!
Farewell Fish Hoek High School Matric Class of 2015 as they leave behind their school shoes to be donated to children less fortunate – 25 Nov 2015
Posted by Two Seas News on Wednesday, 25 November 2015
Dit is so mooi gebruik wat in baie hoërskole is. HS Strand se matriekleerders skenk hulle skoolskoene ook jaarliks vir behoeftes. Ons kinders met so positiewe omgee ingesteldheid sal ver kom
En as die matriek leerling nie slaag nie, kom soek hy/sy hulle skoene terug?
Nee, Skooensboer. ‘n Mens gee nie iets en vat dit weer terug nie. Dit is erger as steel.
Shoonspruit Hoërskool Klerksdorp Noordwes. Die matrieks bring al hulle skool klere skooltoe met die laaste taalvak wat geskryf word dit word vir die skool se klerebank gegee, en die matrieks mag dan die laaste vraestelle in gewone klere skryf