Samaritaan sterf toe hy onder bakkie beland

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Man in sy 30’s is Saterdag op ʼn plaas in Kameelfontein, noord van Pretoria, oorlede nadat hy onder ʼn bakkie beland het.

“Die man het glo stilgehou om te help nadat ʼn bakkie op ʼn grondpad in die modder vasgeval het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Terwyl hy die bakkie gestoot het, het dit glo teruggerol en oor hom gery.”

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.