Die top 12 Mej. SA-finaliste wat sal meeding om die titel van Mej. Suid-Afrika 2015, is aangewys.
Die vroue sal op 29 Maart mekaar by die Sun City Superbowl die stryd aansê om dié gesogte kroon te dra, aldus ʼn verklaring wat deur die organisasie uitgereik is. Die geleentheid sal regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai word.
Altesaam sewe van die vroue is van Gauteng, drie van die Wes-Kaap en een van KwaZulu-Natal en een van Mpumalanga. Hulle is Chanelle Sardinha, Danelle de Wet, Gugulethu Banda, Kim Wentzel, Liesl Laurie, Nicole Lee Lamberts, Taryn Morris, Ntsiki Mkhize, Busi Mahlangu, Refilwe Mthimunye, Shanè Naidoo en Sihle Makhanya.
Ziphozakhe Zokufa, die huidige Mej. Suid-Afrika nadat Rolene Strauss as Mej. Wêreld gekroon is, sal haar opvolger by die geleentheid aanwys. Zokufa is tans in Amerika waar sy aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem.
Klik hier vir meer inligting.
Beamptes voldoen nie aan vereiestes nie en is heeltemal oorgewig