ʼn Man in sy 30’s het in ʼn openbare swembad in Umlazi in KwaZulu-Natal verdrink.
Lees meerAlles vir Sondag 25 Januarie 2015
10 vas tydens PTA-klopjag
Tien mense is tydens ʼn klopjag op ʼn woonstel in Pretoria-Noord in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.
Hier is die Mej. SA-finaliste
Die top 12 Mej. SA-finaliste wat sal meeding om die titel van Mej. Suid-Afrika 2015, is aangewys.
Man vas wat glo renosterhoring wou verkoop
ʼn Man wat glo renosterhoring in Johannesburg wou verkoop, sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Wes-Rand-baba se dood word ondersoek
Die omstandighede wat tot ʼn baba se dood in Kagiso aan die Wes-Rand gelei het, sal ondersoek word.
Twee vas oor diefstal by Benoni-marathon
Twee mense is in hegtenis geneem nadat hulle Sondag voorraad by ʼn marathon in Benoni, Gauteng, gesteel het.
Man verdrink in Knysna
ʼn Man het in die see by Knysna verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
Malema se kar was ʼn “fout”
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) voer aan dit was ʼn fout om partygeld te gebruik om ʼn grys Golf GTI vir die leier, Julius Malema, te koop, het die City Press Sondag berig.
Burgerlugvaartowerheid draai transformasie-skroef aan
Deelnemers in die lugvaartbedryf het ʼn skrywe van die Lugvaartowerheid ontvang het waarin hulle beskuldig word van gebrekkige transformasie.
Regering “ignoreer” xenofobie, sê ADF
Die Afrika Diasporaforum (ADF) het in ʼn ope brief aan pres. Jacob Zuma gesê die regering bly ontken dat daar xenofobie in Suid-Afrika bestaan.
Video: Helen Zille gryp in tydens verkeersknoop
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Saterdag dadelik ingegryp tydens ʼn verkeersknoop voor haar huis, Leeuwenhof, in Kaapstad.
Baba sterf in Kagiso-stormloop
ʼn Baba is tydens ʼn stormloop van ʼn groep plunderaars in Kagiso aan die Wes-Rand dood.
Situasie bedaar in Soweto
Daar heers weer kalmte in Soweto ná ʼn week van geweld en plundery van winkels wat aan uitlanders behoort.
Man aangeval, aan boom vasgemaak
ʼn Man is Saterdag met veelvuldige steekwonde gevind waar hy aan ʼn boom vasgemaak is naby Bronkhorstspruit in die ooste van Pretoria.
Spelersuittog: Sal Saru-optrede die gelddrang kan stuit?
Die SA Rugbyunie (Saru) se tyd van stilsit terwyl Suid-Afrika se voorste spelers oorsee gelok word, is klaarblyklik verby.
Gedagte vir die dag: Speel klaar met twyfel
Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” (Matt 14:30-31)