Jongste: Die kinders is gevind. Die verdagte is nog voortvlugtig. Lees meer.
Minstens 15 kinders het Saterdag verdwyn nadat ʼn sportafrigter hulle vermoedelik ontvoer het.
Tebogo Molefe het na bewering Saterdag omstreeks 08:00 altesaam 29 kinders, tussen 13 en 15 jaar, geroep om ʼn taxi na Khutsong te ontbied vir ʼn sokkerwedstryd, het die Gautengse polisie in ʼn verklaring gesê. Die kinders het hom gehoorsaam, want hulle het hom vertrou omdat hy hulle sokkerafrigter is.
Die kinders het by Khutsong South se speelgronde opgedaag en vir Molefe gewag. Hy het omstreeks 17:00 opgedaag en nege meisies en ses seuns saam met hom in ʼn taxi na Oberholzer-treinstasie geneem. Van daar het hy hulle na Standard House in Simmondsstraat in Johannesburg geneem.
Die 15 kinders is sedertdien nog nie weer gesien nie en hulle is as vermis aangemeld.
Die polisie se soektog duur voort.
Enigiemand met inligting word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak.
Ek bid vir die veilige terugkeer van elke kind! Hoe gemaak as die skaapwagter ‘n wolf is, die arme onskuldige kinders. Sterkte aan ouers.
Hoe kan so persoon die kinders ontvoer Hulle is seker baie lief vir hom en hy is hulle hero Dit gaan vir hulle n verskriklike skok wees
‘n ander Mediahuis het berig hulle is almal VEILIG gevind.
Dankbaar dat die onskuldige kinders gevind is. Net 15 van die 29 wat hy ontvoer het? Wat het van die ander 14 geword