Ondersoek oor sterftes by Kusasalethu-myn

Argieffoto

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het opdrag gegee dat geen steen onaangeraak sal word nie om die oorsaak van die ongeluk te bepaal wat gelei het tot vyf sterftes by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville.

“Dit moet ʼn omkeerpunt wees wat ongelukke en sterftes by ons myne betref,” het Zwane gesê. “Die ondersoek oor die grondstorting het begin en ʼn in-loco-inspeksie word dadelik gedoen.”

Vyf myners is dood en die liggame van die laaste twee myners is eers Donderdag na die oppervlak gebring, byna ʼn week ná die ongeluk.

Die minister het glo met die familielede van die oorledenes vergader, wat tans berading ontvang. “Ons betuig ons meegevoel aan die families, vriende en kollegas van die oorledenes.”

Lees alle vorige berigte oor die Kusasalethu-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chrisjan ·

Het die minister van vervoer met die 15 motorongeluk slagoffers in net 2 ongelukke se naasbestaandes vergader??Hoekom nie?Hier is net 5 mynwerkers oorlede en een hengse bohaai word daarvan gemaak.Verstommend om die minste te se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.