Susan Lombaard
Ek is ʼn vrot kok, maar ek kán sop maak. Mense wat nie van sop hou nie, verstaan nie die hart van sop nie – dis nou myns insiens. Probeer hierdie ryk tamatiesop wat ek self uitgedink het en jy sal nooit weer dieselfde oor sop dink nie.
Bestanddele:
1 ui, gesny en deurskynend gebraai
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 blikke heel kersietamaties
1 blik tamatie- en uiesous
2 tamaties, in blokkies gesny
500 ml vars room
1 wiel fetakaas
1 blik soetmielies
10 olywe, ontpit en gesny
4 hoë teelepels songedroogde tamatie-tapenade (by Woolworths)
½ pakkie Ina Paarmans songedroogde tamaties in olyfolie
1 pakkie spek, fyn gesnipper en bros gebraai
1/3 pakkie chakalaka soppoeier
½ pakkie tamatieroomsoppoeier
Sampioene (opsioneel)
2 knoffelhuisies, gekneus (opsioneel)
Pietersielie
Origanum
Kookwater
Metode:
- Gooi al die bestanddele behalwe die spek in ʼn stoompot en kook onder druk vir 1 uur.
- Maak glad in ʼn voedselverwerker.
- Voeg die gebraaide spek net voor opdiening by.
Sjoe-ek is skoon honger hier waar ek sit!!!!!!