Die Proteas se reeks teen Engeland het gister met die eerste Eendagkragmeting afgeskop. Dié dag-aandwedstryd op Headingley is gemaklik deur Engeland gewen. Die Engelse het met die kolf en die bal oorheers terwyl die Suid-Afrikaners onafgerond met die kolf en sonder diepte in die boulaanval was.
Engeland 339/6 (50.0 bb)
Suid-Afrika 267 (45.0 ov)
England wen met 72 lopies.
Die tweede Eendagkragmeting word Saterdag by die Rose Bowl in Southampton gespeel.
In ’n ander internasionale wedstryd het Bangladesj en Nieu-Seeland kragte gemeet.
Nieu-Seeland 270/8 (50 bb)
Bangladesj 271/5 (48.2 / 50 bb)
Bangladesj wen met 5 paaltjies (met 10 balle oor).
Superrugby
Kom ons loer na die naweek se bepalings:
Motorwedrenne
Die Formule Een Grand Prix van Monaco word Sondag gejaag. Die vroeë gunstelinge is Daniel Ricciardo, Lewis Hamilton en Ferrari se Sebastian Vettel.
Die Indianapolis 500 word ook Sondag afgehandel en die wegspringrooster lyk só:
Fietsry
Die Toer van Italië se 17de skof is gister gejaag
Skof:
Algeheel:
Tennis
In Genève se kleibaantoernooi was daar volop aksie. Van die uitslae lyk só:
Die eerste gekeurde Stan Wawrinka is deur na die kwarteind toe Rogerio Dutra Silva ’n besering opgedoen het. Kei Nishikori, wat tweede gekeur is, het vir Mikhail Kukushkin met 6-4 en 6-3 uitgeskakel.
Vandag speel Suid-Afrika se Kevin Anderson in die kwarteind teen die tweede gekeurde Kei Nishikori.
Gholf
In Amerika begin die Dean & Deluca Uitnodigingstoernooi in Fort Worth, Texas, vandag. Net twee Suid-Afrikaners sal hul stokke swaai. Dit is Tyrone Van Aswegen en Rory Sabbatini.
In Europa slaan die spelers af in die BMW PGA Kampioenskap op Wentworth in Engeland. Nie minder nie as 15 Suid-Afrikaners gaan hul staal toon. Dit sluit in
Ernie Els, Jaco Van Zyl, Branden Grace, George Coetzee en Zander Lombard.
Sokker
Die eindstryd van die Europese Beker is gisteraand gespeel. Ajax en Manchester United het kragte gemeet. Manchester United is as die kampioene gekroon na ’n uitstekende 2-0-oorwinning.
By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:
Vandag se Bepalings: