Die kos is op, die huis is leeg, die honde is soet en iewers onder die boom lê nog ‘n verlore stuk geskenkpapier. Kersfees is verby. Ek probeer verbete aan ‘n stukkie daarvan vasklou…
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Desember 2011
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Thomas Ferreira, wat verlede maand deur ʼn LUR se ampsvoertuig raakgery is in Krugersdorp, is stadig besig om te herstel van ʼn dodelike infeksie.
Gesoekte Serwiër gee homself aan polisie oor
ʼn Serwiese man wat op drie aanklagte van moord skuldig bevind is in sy tuisland, het homself aan die polisie in Kaapstad oorgegee.
Nuuskommentaar: Media en mediaterapie: Politieke korrektheid as belediging vir joernaliste wat lewe en vryheid verloor het
Suid-Afrikaners gaan in die nuwe jaar ‘n voortgesette stryd hê om mediavryheid en ander vryhede te verdedig.
19 mense sterf in gru-ongeluk
Negentien mense is Maandag dood toe ʼn taxi en ʼn motor reg van voor gebots het in die Vrystaat.
DKD gaan Waterkloof-hofbevel teenstaan
Die departement van korrektiewe dienste sê hy sal die hofbevel beveg wat tot die vrylating gelei het van twee lede van die Waterkloof-vier.
Bekende SA biograaf sterf
Een van Suid-Afrika se mees bekende biograwe en letterkundiges is Sondag aan ‘n beroerte in Stellenbosch oorlede.
Geheime van sukses
Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses?
…En die Almanak het geantwoord: Bly op datum.
En die Bergspits het geantwoord: Sorg dat jy uitstyg…
Hoogtepunte op Die Groot Debat 2011: My Afrikaanse kat kom altyd weer
Jan was nie die gemiddelde kat op straat nie. Met Goliat se lyf en Dawid se hart, sou Jan sekerlik nie inpas by my regsvriende se idee van die “redelike kat” nie….
Dol definisies – W
‘n Paar lawwe definisies.