Die regering se volharding om die minister van Binnelandse Sake, dr. Nokosazana Dlamini-Zuma, as hoof van die Kommissie van die Afrika-Unie verkies te kry, was gisteraand suksesvol.
Alles vir Maandag 16 Julie 2012
Foto’s: Rotse val op motors
Twaalf mense het Sondag ternouernood aan die dood ontkom toe rotse op die N2 by Sir Lowryspas in die Wes-Kaap op hul motors geval het.
Talle gered uit sneeu in Lesotho
Suid-Afrikaanse reddings- en nooddienswerkers het Sondag altesame 41 mense wat in die sneeu in Lesotho vasgekeer was na veiligheid gebring.
Polisie jaag na gerug oor kaping
ʼn Boodskap wat op die sosiale netwerk Twitter en met BBM’s en SMS’e versprei is dat ʼn 20 maande oue baba tydens ʼn kaping in Johannesburg ontvoer is, het gister ʼn reuse soektog tot gevolg gehad.