Die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in Midrand is Sondagmiddag vir die derde keer die week ontruim nadat daar ‘n bomdreigement was.
Lees meerAlles vir Sondag 26 Januarie 2014
Een dood, nege beseer na gaslekkasie op skip
Een persoon is dood en nege bemanningslede is ontruim nadat daar ʼn gaslekkasie was op ʼn skip aan die kus van Port Elizabeth.
Bewerings van knoeiery in Tlokwe-tussenverkiesings
Agt onafhanklike kandidate van Noordwes se Tlokwe-munisipaliteit beweer in hofdokumente dat honderde, indien nie duisende, kiesers in die tussenverkiesings nie wettig was nie, berig City Press.
ANC gaan ‘misbruik’ van Mandela-gedenkdiensfondse ondersoek
Die ANC het Sondag gesê hy gaan sy eie ondersoek van stapel stuur na bewerings dat staatsgeld wat vir oudpresident Nelson Mandela se gedenkdienste beskikbaar gestel is, wanbestee is.
Man vas oor hy Zuma se vrou glo afpers
ʼn 29-jarige man van Tanzanië is in hegtenis geneem nadat hy glo gedreig het om “geheime” uit te lap oor Nompumelelo Ntuli-Zuma, een van pres. Jacob Zuma se vroue, berig die Sunday Independent.
‘Moord tref swart huishoudings die meeste’
Altesame 81% van moorde in Suid-Afrika vind in swart huishoudings plaas, berig Rapport.
Joost gaan VSA toe vir behandeling
Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, het Sondag aangekondig dat hy op pad is Amerika toe om behandeling te ontvang vir motorneuronsiekte.
Olifantaanval: ‘Hulle het ons vir dood agtergelaat’
Die Brit Sarah Brooks en haar Suid-Afrikaans gebore verloofde, Jan de Klerk, sê die mense wat ʼn video gemaak het van hoe ʼn olifantbul hulle motor aanval het hulle vir dood agtergelaat.
Vrou wat huis by EFF kry glo nie behoeftig
Die vrou wat ʼn huis ontvang het wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) naby aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning gebou is, is alles behalwe behoeftig, berig die Sunday Times.
Derde van versekeringseise glo vals
Nagenoeg 30% van versekeringseise wat in 2013 ingedien is, was glo vals eise ter bedrae van nagenoeg R15 miljard, berig die Sunday Times.
Foute in premier se CV nie ‘doelbewus’
Thandi Modise, premier van Noordwes, se kantoor sê ʼn opgedateerde profiel is op die regering se webtuiste gelaai nadat ʼn amptelike CV vir Modise talle foute bevat het rakende haar kwalifikasies, berig EWN.
Breytenbach glo op DA-kandidatelys
Glynnis Breytenbach gaan glo haar werk by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bedank om as ʼn kandidaat vir die DA te staan in die algemene verkiesing, berig die Sunday Times.
Bafana-speler vas oor spoed
ʼn Bafana Bafana-sokkerspeler is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo teen 173km/h gery het.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (11) – Wanneer ons bid
Psalm 102:2 – O HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom! Die juweel wat ons vandag uit die skatkis haal, glinster…