Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’

WAARSKUWING: Die uittreksel bevat krutaal wat nie geskik is vir sensitiewe lesers nie.

“Dis ook ʼn aksiebelaaide jeugroman wat kinders sal boei,” vertel Annerle Barnard, skrywer van Sindikaat. “Dit sal hopelik kinders wat nie graag lees nie genoeg fassineer om die storie enduit te volg.”

Oor die boek

Die 16-jarige Paul is gewikkel in ʼn gevaarlike hofsaak. Dan ontdek hy per ongeluk ʼn smokkelary en dinge word baie gevaarlik vir hom en sy vriende, Adriaan en Karlien. ʼn Vlugtog deur Botswana en Zimbabwe volg – met die hulp van die voormalige verkenningsoldaat (recce) genaamd Bossie. Die vakansie, wat eintlik ʼn avontuur moet wees, ontaard in ʼn nagmerrie.

Oor die outeur

Annerle Barnard, jeugfiksieskrywer (Foto: Annerle Barnard/Facebook)

Annerle Barnard het gematrikuleer aan die Hoërskool Wolmaransstad en ʼn honneursgraad in Engels aan die Noordwes-Universiteit behaal, asook ʼn diploma in Hoër Onderwys. Aanvanklik het sy skoolgehou, maar haar later in die korporatiewe sektor begewe. Annerle is getroud en het twee sportiewe seuns en ’n wonderlike, ewe sportiewe, stiefdogter. Sy woon in Bloemfontein.

Barnard se debuutroman, Sweepslag, het in 2019 verskyn. Dis ʼn spanningsverhaal met temas soos mensehandel, dwelmhandel en moord.

Sindikaat, haar tweede jeugroman wat pas uitgegee is, is ʼn avontuurverhaal, en verken kwessies soos smokkelary. Dit is in 2019 met ʼn silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Sindikaat deur Annerle Barnard. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Jeugfiksie
Prys: R195,00*
*Pryse onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.