Boek: ‘Blou feetjie’ – Lizette Rabe

Lizette Rabe

Hierdie is ʼn storie met ʼn begin en ʼn einde wat weer begin. Blou Feetjie is, nes alles en almal om haar, deel van die siklus van die lewe. Sy huppel en lag en wens almal geluk toe. Soms speel sy naby tien Baie Spesiale Stene wat hul oeroue wysheid met haar deel. Sy moet doodstil sit en baie, baie mooi luister om te hoor hoe sy die lewe vir ander makliker en beter en mooier en gelukkiger en ligter en liewer kan maak.

Blou feetjie het by Naledi Uitgewers verskyn. Dit is deur Lizette Rabe geskryf met illustrasies deur Mandi Fuchs.

Oor die skrywer

Van 1979 tot 1982 was Rabe joernalis by Die Burger. In 1983 begin sy by die vrouetydskrif Sarie, waarvan sy in 1988 die assistentredakteur en in 1994 die redakteur word. Vanaf Januarie 2001 is sy professor in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Prys: R175,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.