Boek: Cecilia Steyn se ‘Dryf’

Cecilia Steyn

Mense glo daar’s ʼn vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het? Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug ʼn kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte. Saam speel hulle speurder. Maar wat as die waarheid ʼn tsunami is wat wag om hulle te verswelg?

Dryf is deur Cecilia Steyn geskryf en die boek het pas by Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn.

Oor die skrywer

Steyn is in Welkom in die Vrystaat gebore. Sy was vir 15 jaar takadministreerder van ʼn gemeenskapsapteek in Klerksdorp. Steyn volg sedert 2017 ʼn voltydse skryfloopbaan en sy het reeds talle gewilde kinder- en jeugboeke die lig laat sien. Dit sluit onder meer die Tienerharte- en #PresiesAnders-reekse (Human & Rousseau), in. In 2017 ontvang sy ʼn ATKV-Kinderboektoekenning vir Tienerharte 2: Hartedief en in 2018 vir #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.