Boek: Chris Karsten se ‘Op pad na Moormansgat’

Chris Karsten 

Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ʼn rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Op pad na Moormansgat: Die verhaal van Billy Foster en Koos de la Rey is ʼn geskiedkundige roman uit die pen van Chris Karsten.

Die roman is ʼn verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: Die storie van onder andere Billy Foster se dogter, Helena, die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu, en die speurtog van poliesman Isak Heyns.

Oor die skrywer

Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ʼn BA-graad met Afrikaans-Nederlands en sielkunde as hoofvakke aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die VolksbladBeeld en Rapport.

Karsten is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ʼn jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaiselOpspraak deur moordDodelike vroueVerlore onskuld en Boos en bisar.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R350,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.