Boek: Die appel

die-appelDick Bruna

‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees.

Die appel is bedroef omdat hy maar net ‘n appel is en nie kan sien wat die mense doen nie. ‘n Koddige haantjie bied aan dat die appel op sy rug sit terwyl hy oor die dakke van die huise vlieg. Dan kan die appel mooi sien wat die mense in die huise doen.

Oor die outeur

Dick Bruna is ‘n Nederlandse skrywer, kunstenaar, illustreerder en grafiese ontwerper. Hy is die bekendste vir sy kinderboeke wat hy geskryf en geïllustreer het. Hy het al meer as 200 boekies agter sy naam. Sy boeke is verskriklik bekend en gewild in Nederland.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae