Boek: Die koning se paddaboudjies

Janneke Schotveld

Die koning se paddaboudjies bevat 15 moderne, herverbeelde sprokies deur die Nederlandse skrywer Janneke Schotveld. Die Afrikaanse teks is deur Jaco Jacobs geskep.

Die verhale handel, onder andere, oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry, oor die heks, Hettie, wat ’n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie en oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie… Wat van ’n ander prinses?

Dan is daar natuurlik ook die verhaal oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet – totdat hy self skielik in ’n padda verander.

Die koning se paddaboudjies is ’n bundel geestige, hervertelde sprokies wat so effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk.

Saam met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van die wêreld se voorste illustreerders soos Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

Ouderdom: Sewe en ouer
Prys: R280,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.