Boek: ‘Die lewe wat ek jou gegee het’ – Helena Hugo

Helena Hugo

Berdine se ma en ouma kom saam tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine, hul dogter en kleindogter, wou uitleef.

Berdine word met die idee groot dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Sy beland in ʼn verhouding waarin sy ten spyte van haar professionele rol as dokter tuis onderdanig moet wees en deur haar lewensmaat gemanipuleer word.

Ná jare van sielkundige teistering begin sy besef dat dit nie die soort lewe is waaroor sy gedroom het nie. Haar ma en ouma Bertha sit koppe bymekaar om Berdine terug te lok na die goeie waardes waarmee hulle haar wou opvoed.

Die geleentheid kom gouer as wat hulle beplan het. Daar wag nie net vreugdevolle weersiens nie, maar ook verrassings wat haar lewe drasties verander en haar voor moeilike keuses stel. Berdine is onseker, maar sy kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel – en die eintlike lewe wat ouma Breggie haar gee.

Die lewe wat ek jou gegee het is deur Helena Hugo geskryf en die boek word deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee.

Oor die skrywer

Hugo is die skrywer van verskeie topverkopers, wat onder meer Haar naam is Ragel insluit. Afgesien van talle boeiende verhale oor verskillende genres, is sy ook regisseur en die skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Hugo en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R230,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke en CUM Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.