Boek: Die liedjieboer, Anton Goosen, gesels met Hanlie Retief

Hanlie Retief

Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief.
Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad.

Aangrypend, eerlik en vol humor: Dit is die lewe van Anton Goosen. ’n Lewe teen die stroom op.

Oor die skrywer

Retief is joernalis en outeur van die biografie Byleveld. Sy is bekend vir haar weeklikse onderhoude met bekendes in Rapport. Sy het al die Sikuvile- en Piet Cillié-toekennings, asook Media24-Legends, ATKV-Mediaveertjies en ’n Cum Laude Alumni-toekenning van die Universiteit van die Vrystaat ontvang. Hanlie woon in Kaapstad.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.