Boek: ‘Draers van die Lig’ – Stephan Joubert, Johan Smith

Stephan Joubert, Johan Smith 

Draers van die Lig bevat 200 oordenkings deur goeie vriende Stephan Joubert en dr. Johan Smith.

Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse onderwerpe soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.

Oor die skrywers

Joubert is ʼn teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ʼn gesinsman. Hy is hoof van eKerk en ʼn buitengewone professor by verskeie universiteite. Sy rubrieke verskyn in Beeld en JUIG! en Die Boodskap, wat hy saam met Jan van der Watt geskryf het, is een van die mylpale in Joubert se loopbaan. Joubert het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop.

Smith werk al langer as 30 jaar met jongmense, ouers en gesinne, en is die outeur en/of mede-outeur van meer as 30 boeke. Hy tree landwyd in kerke en skole op en bied graag motiverings-, inspirasie- en bemagtigingspraatjies aan. Smith is getroud met Helena en hulle het drie kinders en vier kleinkinders. Hy woon in Wingatepark, Pretoria.

Uitgewer: Lux Verbi (NB-Uitgewers)
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.