Boek: ‘Een of ander held’ – Zirk van den Berg

Zirk van den Berg

Voor ʼn groot moordverhoor in November 1905 bestempel ʼn Windhoekse koerant die polisieman Siegfried Bock as ʼn nuwe soort held. Maar die beskuldigde se advokaat stel Siegfried in ʼn heel ander lig, wek agterdog wat sy goeie naam en toekoms bedreig. Boonop is sy voormalige bevelvoerder, oberleutnant Berghammer, en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet – die een oor sy soldate se dood, die ander oor ʼn opstandeling sʼn. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy skreiende planne vir Siegfried en die ganse Duits-Suidwes-Afrika.
Die strop trek ál nouer om Siegfried se nek. Hy sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink …

Een of ander held voer Zirk van den Berg se Hochnamib-trilogie tot ʼn aangrypende einde. Dit volg op Die vertes in (2018) en Tweegevreet (2020).

Oor die skrywer

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ʼn kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna ʼn roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans én Engels. Sy roman Ek wens, ek wens is in 2020 bekroon met die WA Hofmeyr-prys, asook KykNET-Rapportpryse in die fiksie- en filmkategorie.

Nobody Dies is in 2004 deur Random House Nieu-Seeland uitgegee. Van den Berg het die boek in Afrikaans vertaal en dit is uitgegee met die titel Ander Mens. Dit is in 2014 met die eerste KykNet/Rapportprys vir rolprente bekroon. Sy novelle Ek wens, Ek wens, wat in 2019 uitgegee is, is vanjaar met die WA Hofmeyrprys bekroon.

Tweegevreet is die opvolg van Van den Berg se historiese roman Die vertes in, wat in 2018 verskyn het en kort daarna ook in Engels (Parts Unknown) vertaal is.

Prys: R300,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.