Boek: Elsa Winckler se ‘Die vroue van Kosmoslaan’

Elsa Winckler 

Die vroue van Kosmoslaan, wat deur Elsa Winckler geskryf is, vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue.

Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ʼn motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter, by haar. Marella is ʼn prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam geregistreer het, want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ʼn dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn, begin almal in die laan na haar soek.

Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle een keer ʼn maand bymekaarkom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin, al was dit nie die bedoeling om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ʼn teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.

Oor die skrywer

Elsa Winckler skryf sedert 2008 en sy is mal oor liefdesverhale, veral wanneer ʼn soenery betrokke is – tot haar drie kinders se groot verleentheid. Manlief gee gelukkig glad nie om nie.

Wanneer sy nie oor die liefde skryf nie, speel sy saam met haar kleinkinders, brei of verken een van die baie paadjies langs die see. Saans en naweke sal jy haar en haar man voor die televisie kry.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R280,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.