Marina Albertyn-Struwig
Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.
Melk en vleis
Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ʼn Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ʼn sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ʼn erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel …
Hell hath no fury like … ʼn boervrou.
Bloed en bodem
Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ʼn aand wat niemand sal vergeet nie …
ʼn Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.
Oor die outeur
Haar debuut Melk en vleis verower verskeie toekennings, onder meer die ATKV-toekenning vir mees grensverskuiwende werk en ʼn Fiësta-toekenning vir beste nuutgeskepte Afrikaanse teks. Bloed en bodem is die tweede teks uit die pen van Marina Albertyn-Struwig.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke