Boek: ‘Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana’

Christien Neser

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopofinalis, wat die skool en Mtwana se gas word, maar die aanvanklike konflik word ʼn susterskap soos wat Mieke nog nie ervaar het nie. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul harte op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en vasstel waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig ʼn nuwe blouoog het, soveel gemeen het. Die ontknoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir Mieke sowel as Fen wat deur die storie verweef is.

Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana uit Christien Neser se pen is ʼn lekkerlees jeugverhaal oor grootword tussen diere in die idilliese omgewing om die Limpoporivier. Die boek het pas by NB-Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Neser is ʼn spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Haar eerste boek, Kondensmelk, het in 2009 by Lapa Uitgewers verskyn. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks. Jeugboeke wat by Tafelberg verskyn het, is Amper Einstein (2013) en Pienk is nie vir sissies nie (2017).

Prys: R170,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.