Boek: ‘Miskien is daar hoop’ – Johann Voges

Miskien is daar hoop uit die pen van dr. Johann Voges is ʼn tydige publikasie. In die tyd voor en ná ʼn wêreldpandemie, die ekonomiese insinking, werksverliese, politieke onstabiliteit en groeiende spanning op vele terreine, asook ons eie besef van broosheid, is die groot vraag: Is daar hoop? Egte hoop? Waar vind ek dié hoop?

Voges nooi die leser op ʼn wandeling deur die Woord. Hy bied geen goedkoop reseppies of maklike troos nie. Op sy unieke manier van skryf – onopgesmukte taal maar deurleefde, praktiese wysheid – help hy ons om soos Jeremia van ouds te ontdek: “Miskien is daar hoop!”. Dalk nie hoop soos ons dit graag sou wou verstaan nie, maar egte hoop … want die drie-enige God is ʼn werklikheid.

God is met ons op pad, ook in en deur die alledaagse skryf God self ons lewensverhaal vol hoop. Hierdie boek is vir alle gelowige lesers wat ʼn bietjie dieper wil delf.

Miskien is daar hoop kos R199,95 (prys onderworpe aan verandering) en is aanlyn beskikbaar op die Christelike Lektuurfonds se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.