Boek: ‘My eerste tweetalige woordeboek’

Kinders kan hulle wêreld met hierdie prettige eerste woordeboek verken en die name van allerlei dinge om hulle leer. Elke bladsy is vol prente en dinge om te soek en oor te praat.

My eerste tweetalige woordeboek is ʼn vertaling van My First 1000 Words deur Miles Kelly. Die Afrikaanse vertaling is in hardeband met volkleur‑illustrasies en dit het pas by NB-Uitgewers verskyn.

Oor die uitgewer

Miles Kelly is ʼn uitgewery in die Verenigde Koninkryk wat op kinderboeke vir ouderdomme nul tot nege fokus.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.