Boek: ‘ʼn Baie lang brief aan my dogter’ – Marita van der Vyver

Marita van der Vyver

ʼn Baie lang brief aan my dogter is die gewilde skrywer Marita van der Vyver se ontroerende jeugmemoires. Hierin vertel sy as Afrikaanse ma vir haar dogter wat in Frankryk gebore is, waar Van der Vyfer die afgelope jare woon, van haar grootwordjare in die 1960’s en 1970’s, in die bloeityd van apartheid.

Maar is dit ook ʼn storie oor taal en boeke en die wonderwerk van woorde. En hoe dit gekom het dat ʼn skaam boekwurm uit ʼn Afrikaanse middelklasfamilie, wat slegs ʼn geslag vroeër nog werkersklas was, ʼn skrywer geword het.

Dit is ʼn speurtog deur die skrywer se beginjare, maar ook ʼn liefdesbrief aan ʼn dogter en aan ʼn taal en aan ʼn land. En ʼn ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.

Oor die skrywer

Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ʼn heeltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos Dis koue kos, skat, Die dinge van ʼn kind en Griet kom weer.

Prys: R330,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.