Boek: Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand

Izak du Plessis

Lê hy dood iewers in ʼn mynskag? Of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Dié vrae hang in die lug nadat Ralph Haynes, die “mafiabaas” van die Wes-Rand, op 21 Januarie 2011 spoorloos verdwyn het. Nadat hy op daardie dag in ʼn helikopter geklim het, is hy nooit weer gesien nie.

Haynes se vriende, wat berugte karakters soos Ferdi Barnard en Corrie Goosen insluit, onthou hom as ʼn vrygewige Robin Hood wat armes van groente en geld voorsien het. Sy slagoffers, daarenteen, onthou hom as die meedoënlose skelm wat hulle uit groot bedrae geld en besittings geswendel het. Vandag wonder sy eksvrou wat met haar sal gebeur as Haynes onverwags sy opwagting sou maak.

Joernalis Izak du Plessis stel ondersoek in na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese grootkop van die onderwêreld.

Oor die outeur

Izak du Plessis is ʼn radiojoernalis en aanbieder by RSG se nuusprogramme Monitor en Spektrum.

In 2015 het hy ʼn ATKV Mediaveertjie vir ʼn reeks oor plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat gewen, en in 2016 is hy aangewys as die Vodacom Nasionale Joernalis van die Jaar vir radiobydraes. Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe stemme 5.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.