Boek: Slawe aan die Kaap as draers, skeppers van kultuur

Eunice Bauermeester

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ondanks onderdrukking, ʼn groot invloed op die ontwikkeling van die gemeenskap aan die suidpunt van Afrika gehad.

In Die Kaapse slawe 1652–1838 – ʼn Kultuurhistoriese perspektief, wat deur Eunice Bauermeester geskryf is, word slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur opnuut verken.

Oor die skrywer

Visser, née Bauermeester, het ʼn BA-graad met hoofvakke Afrikaans-Nederlandse kultuurgeskiedenis en dramakunde, en ʼn honneurs- en meestersgraad in kultuurgeskiedenis (albei met lof) aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Tot in 1992 was sy by die Namibiese Departement van Nasionale Opvoeding onder meer die Nasionale Museum se kurator vir kultuurgeskiedenis. Haar pad het in 2012 met die Suid-Afrikaanse rolprentmaker Koos Roets gekruis waarna sy saam met hom as onder meer teksredigeerder, kunsadviseur en assistent van die rolprente Faan se trein en ʼn Pawpaw vir my Darling gewerk het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R795,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.