Boek: Solet Scheeres se ‘Jou kind en verlies’

Solet Scheeres 

ʼn Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as ʼn mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ʼn keer kom wat hulle die een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou.

Die dood van hetsy ʼn maat, familielid of troeteldier is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ʼn kind se lewe dramaties en kan hulle nét sulke intense emosies beleef soos wanneer iemand sterf.

Jou kind en verlies, wat deur Solet Scheeres geskryf is, bevat wenke, idees en ʼn leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ʼn ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ʼn woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.

Oor die skrywer

Scheeres is die skrywer van die Klub 17– en Glam-divas-reekse, asook die kinderboek Die leeutemmer se assistent wat in 2017 verskyn het. Sy is ʼn Suid-Afrikaanse kinderboekdeskundige en haar stokperdjies sluit lees, tuinmaak en die versamel van verskillende uitgawes van Alice in Wonderland in.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R300,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.