Boek: Voordat daar skole was

Voordat-daar-skole-was-voorblad.jpgSkrywer – Vincent Malone
Illustreerder – André Bouchard

Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wêreld geleer? Het hulle gesê dat die engeltjies piepie as dit reën? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen ʼn onvoorbereide toets?

ʼn Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was. Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar wiskunde, geskiedenis, musiek en fisika nie regtig saakgemaak het nie. Terselfdertyd herinner dit die leser op humoristiese wyse waarom kinders skool toe moet gaan. Met groot illustrasies, waterverf met bruin potlood en gepaste raak sinne en uitdrukkings wat die illustrasies telkens aanvul en ironiseer.

Oor die outeur

Vincent Malone (geb. 1959) is die skrywer van Franse kinder – en jeugboeke soos die gewilde Kiki-reeks, Cochon Neige en Le Petit Chaperon de ta Couleur. Hy is ook ʼn komponis en ʼn selfverklaarde “Koning van Pa’s” wat vir kinders skryf en komponeer.

Oor die illustreerder

André Bouchard werk as humoristiese spotprenttekenaar vir bekende Franse koerante en nuustydskrifte.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leendert van Oostrum ·

Hie…hie…hie…

In die dertigerjare, toe universele skoolbywoning nog besig was om gevestig te word, is daar duisende jeugboeke geskryf om skool aantreklik te laat lyk. Dit het ‘n hele mode geword, en geduur tot in die vyftigs en plek-plek selfs later. Die era van Saartjie en Trompie, en veral die “koshuisboeke” soos Uile, Keurboslaan, Maasdorp en dies meer, wat skoolgaan verheerlik het.

Alles met die kwalik-verborge doel om kinders te “oortuig”.

Deesdae word die skoolding weer toenemend bevraagteken – op baie goeie gronde wat uitvoerig nagevors is en word. En die feit dat hierdie boek uit Frans vertaal is bevestig dat dit ‘n wêreldwye verskynsel is.

En nou verskyn daar weer boeke om kinders te oortuig die skoolding is eintlik ‘n goeie ding.

Baie interessant – lyk asof iemand bedreig voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.