Boek: Vyf vriende, hope avonture

Enid Blyton 

Die “beroemde vyf”-reeks is die Afrikaanse weergawe van Enid Blyton se alombekende The Famous Five­­-reeks wat wêreldwyd een van Blyton se gewildste stories vir jong lesers is.

Die beroemde vyf: Vyf op ʼn skateiland (1)

Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets opwindends wat hulle tot diep in die kerkers onder Kirrin-kasteel lei. Wie en wat wag daar op hulle?

Die beroemde vyf: Vyf en ʼn tweede avontuur (2)

Toe die vyf vriende ʼn antieke kaart ontdek wat hulle na ʼn geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in ʼn ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is … maar kan die vyf vriende saamwerk om die raaisel op te los?

Die beroemde vyf: Vyf vat saam die pad (3)

Die vyf vriende ontdek ʼn geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ʼn kind in die middel van die nag skree. Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?

Die kleurvolle omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik. Dit is deur Amelia de Vaal vertaal en die boeke het pas by Protea Boekhuis verskyn.

Oor die skrywer

Blyton is een van die gewildste en mees vertaalde kinderboekskrywers van alle tye. Meer as 500 miljoen eksemplare van haar boeke is al wêreldwyd verkoop. Blyton was versot daarop om vir kinders te skryf. Sy het meer as 600 boeke en honderde kortverhale geskryf. Die “beroemde vyf”-reeks, in Engels met die titel The Famous Five, het 75 jaar gelede die eerste keer verskyn en dit is die heel gewildste reeks uit Blyton se pen.

Oor die vertaler

De Vaal het Europese tale en joernalistiek studeer en werk al sedert 2007 by Protea Boekhuis as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse boeke. Die Afrikaanse vertaling van die klassieke boeke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 by Protea Boekhuis verskyn het, was een van haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon, in die VSA.

Oor die illustreerder

Andersen is ʼn kinderboekskrywer en -illustreerder en woon in Noord-Londen. Laura se eerste prenteboek vir kinders, I Don’t Want Curly Hair, het in 2017 by Bloomsbury verskyn. Haar geïllustreerde kinderfiksiereeks, Amelia Fang, is al in meer as 20 tale wêreldwyd vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R190,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Ek het as kind die hele reeks in Frans gelees. Was versot daarop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.