Leon Rousseau
Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Die hare waai behoorlik – en saam beleef die twee van hulle allerhande skreeusnaakse avonture.
Afrikaanse kinders is al geslagte lank versot op Jakkals en Wolf se manewales. Danksy hierdie pragboek kan die jongklomp hulle opnuut verlekker in vyftien prettige, klassieke stories soos:
Jakkals en Wolf en die bottervat
Jakkals en Wolf vang vis
Wolf word Jakkals se ryperd
Jakkals en Wolf en die Rondekopdier
Oor die verteller:
Leon Rousseau is ’n veteraanskrywer en -uitgewer. Hy is veral bekend vir sy gewilde Fritz Deelman-boeke wat kultusstatus in Afrikaans bereik het en ook in Nederlands vertaal is. Sy biografie oor Eugène Marais, Die groot verlange, is in 1975 met die CNA-prys bekroon, en Die groot avontuur het in 2007 die Recht Malan-prys verower. Rousseau is ook die skrywer en samesteller van ’n verskeidenheid boeke vir jonger kinders. Hierdie boek word ter viering van sy 80ste verjaarsdag op 5 Maart 2011 uitgegee.
Die Kaskenades van Jakkals & Wolf is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers.
Uitgewer: Lapa
Prys: R120-00*
* Prys onderhewig aan verandering