Die beoordelaars is op soek na oorspronklike, onweerstaanbare en hoogs vermaaklike Afrikaanse manuskripte.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "jeug"
Jeugpodsendingreeks takel taboe-onderwerpe
Jacaranda FM, sy susterstasie, East Coast Radio, en internasionale uitsaaivennoot Deutsche Welle (DW) glo dis tyd dat Suid-Afrikaanse jeug nie meer terugdeins vir moeilike gesprekke nie.
Berei jongmense voor vir veranderende werksomgewing
Op 15 Julie vier ons Wêrelddag vir jeugvaardighede en benadruk ons die verantwoordelikheid van ouers, onderwysers, skole en ander onderwysrolspelers om ons leerders op die werksplek voor te berei deur die bostaande vaardighede te ontwikkel.
Dié ‘skurk’ wil ’n impak maak
Die een vraag waarmee Jacques Gombault die meeste te doene kry, is hoekom hy altyd die rol van die spreekwoordelike “bad guy” speel. Maar sy werklikheid is ver verwyderd van die skurk-karakters wat hy vertolk.
Jongmens, jy kán ’n verskil maak
Hier is tien wenke vir leerders wat belangstel om ʼn verskil te maak.
Wat om te doen met boelies, selfdood
Ek vra myself gereeld: Waarom? Waarom moet daar nóg ’n kind geboelie word? Waarom moet nóg ’n kind sy eie lewe neem? Waarom moet nóg ’n kind fisiek seerkry? Hoekom neem kuberboeliery toe?
Gildes help jong mense met vakansiewerk
Onderhoude is met bykans 30 studente gevoer om aan hulle ʼn kans vir vakansiewerk in Julie te bied.
Vryspraak: Die verband tussen waar jy vandaan kom en waarheen jy gaan
Die punt is dat ons nie mag toelaat dat die stempel van ons tyd ons slagoffers van ons omstandighede maak nie. Stereotiperings soos “jong Afrikaners in die huidige Suid-Afrika” kan net so ontmagtigend wees soos “swart mense onder apartheid”.
Vryspraak: Naskoolse opleiding met die oog op ’n selfstandige gemeenskap
Betekenisvolle naskoolse opleiding is dalk die belangrikste bymekaarkompunt van al ons ander inisiatiewe en ondernemings. Dit is ‘n uitdaging waarvoor ons nie durf terugdeins nie, ‘n roeping waarvoor ons nie durf doof wees nie.
Podlitiek: De Vos wil erfreg laat vervaag, word verkiesings dalk vertraag?
Vandag se Podlitiek-gesprek begin by ‘n bespreking van die impak wat die Covid-19-pandemie op munisipale verkiesings in Suid-Afrika kan hê omdat partye soos die ANC en EFF ten gunste van ’n uitgestelde verkiesing is
Gospelmusikant en kletsrymer hef Prins Albert-jeugsentrum op
“Die plek was erg verwaarloos. In die kort tyd dat Naaim dáár betrokke is, het hy dit radikaal en handomkeer verander.”
Dié jeugkamp gee jong mense weer hoop
“Ons jong mense is die toekoms van Suid-Afrika. Ons leef in ʼn negatiewe tyd en ons tieners weet nie meer waar hulle in die samelewing inpas nie. Hulle sukkel om hul identiteit te vind.”
‘FroueVonds’: Daar is geen keer aan vroue wat inspireer
As ek aan ’n wyse vrou moet dink, is daar beslis ’n hele klomp van hulle. Een van daardie vroue in my lewe is beslis my ma. Sy is vir my ’n perfekte voorbeeld van ’n Spreuke 31-vrou.
Vir die volgende geslag …
Solidariteit gaan sy wettige belastingprotesveldtog verskerp. Ons gaan baie sterk opstaan teen planne om voorgeskrewe pensioenbates te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help en beslis ook teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Ons kan nie ons gesondheid laat “eskom” nie.
#JongStemme: Wat as die drukkoker kraak?
As ons kyk na Finland, is dié land nommer een op die Gelukkigheidsindeks, asook die land wat beskou word as een met die beste onderwysstelsel ter wêreld. En dan natuurlik is die vraag wat in die lug bly hang, baie duidelik: Hoekom?
Die jonges en rusteloses: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis
Ons oordeel is dat die nuwe minimumloonbeleid, politieke boodskappe oor ordentlike werk en die vordering van tegnologiese innovering die indiensneming van jonger en minder ervare mense in ’n groter mate as ooit sal terughou. Die hele beleidsraamwerk is wansporig, wat groot “kreatiwiteit” van die president en sy raadgewers vereis om die krisis te hanteer.
Dié skrywer weet hoe om jong lesers te laat ril
De Wet Hugo is die skrywer van die Grilgrypersreeks en het onlangs ʼn draai by Maroela Media se ateljee gemaak om te kom gesels oor sy rillerboeke vir jong tieners.
#JongStemme: Geen taal moet val nie
Wanneer mense en regerings verkeerd opgetree het, kan ’n taal nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie, skryf Dalena d’Assonville.
#JongStemme: Wat beplan jy vir jou gemeenskapsdiensjaar vir 2020?
Vir die studente wat nou sit waar ek ’n jaar terug gesit het, doen jul navorsing goed. Maak seker julle weet wat julle op jul lys het en begin solank voorberei vir ’n jaar wat dalk die beste jaar van jou loopbaan gaan wees.
#JongStemme: Dis waarom ek nie meer Facebook of Twitter gebruik nie
“Hierdie tipe platforms het doodeenvoudig begin om my uit te put en dit is vir my jammer om te moet sê dat die rede hiervoor ’n oormaat sosialemedia-aktivisme is.”