Van Hunks se storie het jy mos gehoor, maar het jy geweet dat die ou glo kon toor?
En hoeveel twak het hy die dag gerook, en was hy ‘n mens of was hy ’n spook?
Alles vir die sleutelwoord "jeug"
Uittreksel: Die kaskenades van Jakkals en Wolf
Jakkals moet teen hierdie tyd maar liewer uit Wolf se pad bly. As die twee mekaar sou raakloop, kan Jakkals dalk sleg daarvan afkom…
Die kaskenades van Jakkals en Wolf
Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Die hare waai behoorlik – en saam beleef die twee van hulle allerhande skreeusnaakse avonture.
Die uile in die verlore stad
Hoe ontaard ’n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in ’n stryd om oorlewing?
Grilbrigade
“Wie is Tom regtig?” wonder Buks. ’n Mens bars tog nie sommerso by mense se huise in om monsters te vang nie. Hy kyk na die netjiese rooi uniform. Tom dra ook ’n rugsak. ’n Ronde kenteken op die sak vang Buks se oog. Grilbrigade staan op die teken. Is dit iets soos ’n polisie-eenheid wat monsters vang . . .?
Jakkals en wolf
’n Versameling Jakkals en Wolf stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar.
Die storie van skilderkuns
Dit is die ideale beginnershandleiding vir enigiemand wat meer ingelig oor die skone kunste wil gesels!
Die marmerprinses
Die Marmerprinses handel oor ’n tienerdogter, Wilmien, wat verlief raak op die nuwe onderwyser by die skool, mnr. Paul le Roux.
Die Uile in die wildtuin
Die Uile in die wildtuin is die vierde van ’n uiters populêre reeks om heruitgegee te word en daar is nog Uile-boeke op pad.
Die Otters in die Okavango-moeras
Die Otters is ’n gewilde reeks wat na ’n afwesigheid van 20 jaar – en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aantrek. ‘Die Otters in die Okavango-moeras’ is die agtste en laaste boek in Die Otters-reeks.
Haasmoles
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op.
Die voëltjies se ABC
In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op ’n baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voëltjie iets sê en doen; een drink ’n glas leeg en breek ’n wind op (Burp!), ’n ander sit rustig op ’n tak tot ’n appel op sy kop val (Doink!), en ander voëltjies eet wurms (Njam!) of lê eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek ’n houtkapper ’n “T” met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok…) en maak ’n ander voël sy nes bo in die “Y”. Die voëltjies se ABC is ’n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!
Mankepank en ander verse
’n Keur van net meer as dertig nuwe, sowel as voorheen gepubliseerde verse deur wêreldbekende digter en skrywer Antjie Krog. Mankepank en ander monsters het oorspronklik in 1985 verskyn (met illustrasies deur Hannetjie de Clercq). Al 21 gedigte is weer hier opgeneem, tesame met ‘n aantal voorheen ongepubliseerde verse. Hier is feetjies, monsters, spoke, en ‘n reus; vreemde omies, Antjie Somers en die tokkelos.
Uittreksel uit: Blou sjokolade
deur christien neser Elle se viooltas kap liggies teen haar bobeen. Sy is laat vir die oefening en sy draf so vinnig as wat haar…
Die negende verlore generasie
“Toe die pasiënt se skedel so oopgeflap word en die brein met die tumor so oop en bloot daar lê, was dit die mooiste ding…
Blou Sjokolade
Dolgelukkig.
Dit is hoe Elle deesdae voel. En sy is nie verniet in die sewende hemel nie:
1. Sy is amptelik verlief.
2. Sy het vrede gemaak met haar nuwe skool.
3. Sy het ’n kamermaat saam met wie daar nie een vervelige oomblik is nie.
4. Sy speel in ’n briljante orkes.
5. En beste van alles, sy gaan binnekort oorsee! Sy kan nie wag om Frankryk te verken nie. Parys se modehuise; Angers se beroemde blou sjokolade …
Speurhond Willem en die wilddiewe
Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Laeveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer.
[email protected]
Thomas se lewe suig harder as ’n stofsuier. Hy is kniediep in die moeilikheid omdat hy ’n leë koeldrankblikkie geskop het en dit per ongeluk die skoolhoof, meneer Volschenk, teen die kop getref het. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop.
Die speletjie
Francois Bloemhof Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie, want noudat dit begin het, kan…
Boek: As jy ‘n ster sien verskiet
Maya Fowler Riekie Taylor is tydelik uit die skool geskors nadat sy haar hare swart gekleur het en boonop gevang is dagga rook. Maar dis…