Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak.
Alles vir die sleutelwoord "jeug"
Nege oop arms
‘Nege oop Arms’ is ‘n ryk en geskakeerde vertelling oor menswees, oor familiebande en oor behoort – wat nie net tieners nie, maar ook volwassenes met nuwe deernis en verwondering na die lewe sal laat kyk.
Die Swart Kat slaan ‘n nar en verdere avonture
‘n Verwarde dief wat homself Die Nar noem en hou van publisiteit; ontvoerings; spioenasie… Ja-nee, die Swart Kat het weer sy misdaadbestrydende hande vol!
Al die meisies hou van Divan Louw
Om Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud – dis waar, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie…
Hoe cool is dit?
Hoe cool is dit? bekyk allerlei verstommende wetenskaplike idees en ontdekkings van naderby.
Spesiale agent Peter van der Wind en die Chinese draak
Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is ‘n spesiale (en geheime) agent.
In die land verby donker
`n Plek waar weerwolwe vir die maan tjank en vampiere in die nag rondswiep, waar die nare Rikus Riller om elke hoek en draai kan wag en `n monster genaamd Eenoog jou met sy tong wil vang…
Glinstergids vir meisies
Wil jy jou verbeelding vrye teuels gee om iets spesiaal op te tower? Jou eie liedjies soos `n superster skryf en sing?
Pret met ponies
Is jy mal oor ponies? Dan is hierdie die perfekte boek vir jou!
Prinses Pêrel en die koninkryk onder die see
Pêrel is ‘n doodgewone meisie – maar sy het ‘n buitengewone geheim. Sy is ’n regte seeprinses!
Zackie Mostert se groot grapboek
Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie …
Nog 13 spookstories
Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie?
My eerste atlas: ‘n Wêreldatlas vol asemrowende feite
Verken die wêreld met hierdie prettige volkleur-atlas! Propvol fantastiese feite oor al die vastelande, en oor Suid-Afrika en sy nege provinsies.
Onkant
Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: Pa het werk verloor. Finansiële probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar.
Storieman Omnibus 2
Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg.
Hoe masjiene werk
Verken die wetenskap agter eenvoudige masjiene en meganismes – van hefbome, ratte en katrolle tot sperratte, kamratte en krukasse. Bou dan jou eie masjiene en ontdek self hoe dit werk.
Bastian Blom en die pratende portret
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture.
Bastian Blom en die Gillende Geraamte
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture.
Rocksusters
Elle kan nie wag vir die Musikanto-fess wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie.
Glam-Divas: Didi
Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ‘n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.