Dit is weer tyd om daardie kreatiewe skryftalent los te laat en in te skryf vir die “Ken jou storie”-kinderboekskryfkompetisie. Daar is groot pryse op die spel vir die drie kategoriewenners. Nie net word elke wenner se boek gepubliseer nie, maar stap elkeen ook weg met ʼn kontantprys.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "skryfkompetisie"
‘Ken jou storie’- wenners aangewys
Die beoordelaars het ure lank gelees aan die 305 inskrywings wat ontvang is. Die twee wenboeke van “Ken jou storie” 2017 is gisteraand uitgereik. Die geselligheid was ʼn spoggeleentheid en die skrywers het die geleentheid gekry om met hul splinternuwe boeke te spog!
Opwindende geleentheid vir SA skrywers
Suid-Afrikaanse skrywers het tot 12 September geleentheid om hul voorstelle in te dien om aan Kunste Onbeperk se opwindende vertoonkas vir nuwe Afrikaanse verhoogtekste deel te neem.
Wys jou staal met die Sanlam Prys vir Jeuglektuur
Is jy ʼn kranige storieverteller? Inskrywings vir die 2017 Sanlam-prys vir jeuglektuur het pas geopen. Dié kompetisie is oop vir inskrywings in al 11 amptelike tale en bied opkomende skrywers die geleentheid om erkenning vir hul werk te kry.
Wenners vir RSG Radiodrama-skryfkompetisie bekendgemaak
Die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie het vanjaar meer as 130 nuwe radiodrama-inskrywings gehad, sê Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur vir drama.
Allegaartjie 3 – Program 40
In hierdie Allegaartjie praat ons met Anna Emm produksies oor Afrikaanse oudio-boeke vir kinders, ons gesels oor ʼn nuwe Afrikaanse skryfkompetisie en praat met een van verlede jaar se wenners in die Akademia Sakeplan-kompetisie.
Groot pryse vir skrywers
Altesaam R15 000 is op die spel in die tradisieryke jaarlikse landswye skryfkompetisie wat deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging aangebied word.