Loononderhandelings tussen die regering en vakbonde vir staatsamptenare sal na verwagting volgende week Dinsdag hervat.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 April 2018
Strafregtelike klagtes teen Nama Khoi-munisipaliteit ingedien
Die transaksies hou verband met grond en eiendomme op Springbok wat na bewering op ’n onreëlmatige wyse deur die munisipale owerhede verhandel is.
Tronk toe oor bankkaartbedrog
Die man is skuldig bevind dat hy by die Trichardt-tolplaza ʼn toestel gebruik het om niksvermoedende motoriste van meer as R40 000 te beroof.
Polisie op soek na transitorowers
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep gewapende mans wat Vrydagoggend omstreeks 10:30 op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en kontant gebuit het.
Sanef: ‘Bring bewyse teen joernaliste’
Sanef het gesê sonder dié bewyse, is dit onverantwoordelik, gevaarlik en baie skadelik wat mediavryheid en die media-omgewing in sy geheel betref om sulke onbevestigde gerugte te versprei.
Amcu-moordkomplot: Saak uitgestel
Sewe mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om Amcu-leiers te vermoor, sal sewe dae moet wag voor hulle sal weet of hul aansoek om borgtog suksesvol was.
Tekenprent: Buitensporige optrede om jou sin te kry …
Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag die lewe van ʼn eenjarige dogtertjie gered toe haar pa haar na bewering van ʼn huis se dak afgegooi het.
ToekomsVenster: God se bedoeling met vrae
Hiermee sluit ons ons reeks rondom die vrae wat God vra af. Ek vertrou dat dit vir jou net soveel beteken het as vir my. Moenie die vrae wat God vra gering skat nie. Dis baie betekenisvol. By watter vraag moes jy stilstaan in hierdie reis saam met mekaar en hoe het jy gevorder in jou verstaan van God se plan vir jou lewe?
Grootste akademiese prys in Afrikaans toegeken
Die mees omvangryke Afrikaanse akademiese prys word vanjaar weer tussen twee akademici verdeel.
SA-Wallis-toets se promotor in geldpenarie
Die promotor van die beplande Junietoets tussen Suid-Afrika en Wallis in Washington, Amerika, is in ʼn geldpenarie en die kragmeting wat die deelnemers se beurse moet aanvul, kan sy probleme vererger.
Die wêreld in foto’s – 13 April 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Foto’s: Só lyk nuwe ‘Survivor SA’-reeks se deelnemers
Die bekende televisiereeks Survivor South Africa is terug vir ʼn sesde seisoen en het pas die 18 deelnemers aan dié reeks bekend gemaak.
Man se lyk langs pad gekry
“Die man is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”
Identiese foto lyk gans anders langs mekaar
Reddit-gebruikers is onseker waarom dieselfde foto, wanneer dit langs mekaar vertoon word, byna soos twee verskillende foto’s lyk.
R2,3 miljard se onwettige goedere onderskep
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in die afgelope finansiële jaar op meer as R2,3 miljard se onwettige goedere beslag gelê.
Sharks teen Bulls: Wie se wedstrydplan is waterdig?
Die oud-Springbok Nick Mallett sê die Sharks se wedstrydplan moet die rigtingwyser vir die Springbokspan wees om later vanjaar vir Engeland en ook die All Blacks mee te troef.
Classics terug ná sukses verlede jaar
Die tydlose popmusiek van ABBA, werke van die geniale liedjieskrywer Elton John en die rou ruk-en-rol-krag van Queen is maar enkele van die hoogtepunte wat opgevoer gaan word.
Foto’s: Nóg ʼn NMB-vergadering deur geweld ontwrig
Die polisie se eenheid vir openbare orde was genoodsaak om van rubberkoeëls gebruik te maak om die skare wat hul voertuie met klippe bestook het uiteen te jaag.
Statebondspele: Semenya en Erasmus gryp goud
Dit was Suid-Afrika se eerste goue medalje in hierdie nommer sedert 1958.
Eseltjiesrus se grootste boekefees help donkies in nood
Eseltjiesrus is ʼn permanente tuiste vir bejaarde, verwaarloosde en mishandelde donkies net buite McGregor in die Wes-Kaap.