Die burgerregte-organisasie AfriForum se Springbok-tak het strafregtelike klagtes teen die Nama Khoi- plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap aanhangig gemaak rakende beweerde onregmatige transaksies ter waarde van ongeveer R130 miljoen.
Hierdie transaksies hou verband met grond en eiendomme op Springbok wat na bewering op ’n onreëlmatige wyse deur die munisipale owerhede verhandel is. Dié transaksies dateer oor ’n tydperk van etlike jare.
AfriForum se Springbok-tak het die kundigheid van Ettienne Lambrechts, forensiese ondersoeker, ingewin om hierdie klagtes op te stel.
AfriForum het verder versoek dat die SAPD se teenkorrupsie- en spesiale ondersoekeenheid dringend aan hierdie klagtes aandag gee, aangesien die munisipaliteit se finansiële vermoë ernstig deur hierdie beweerde korrupsie geraak word.
Inwoners van die Noord-Kaap kan by hul naaste AfriForum-tak betrokke raak: SMS jou naam na 32688 (R1).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Het alle grond nie maar eers aan die Nama Khoi behoort nie?
Hul het jare moes terugstaan en toekyk hoe wit én swart
HUL grond afvat.
Johannes, Die KhoiSan was immers die eerste inheemse volk van SA voor ander volke van Noord en Oos Afrika inbeweeg het. En natuurlik van oorsese lande ook.Nama Khoi is die betrokke munisipaliteit.
Van die grond is inderdaad “gekoop” of “geruil” tussen Nederlanders en KhoiSan,destyds.Neem in ag dat die “koop-dokumente ” destyds in Nederlandstaal was wat KhoiSan uiteraard nie kon verstaan nie. (Tolke was daai jare nie algemeen beskikbaar nie). Feit bly staan is KhoiSan was eerste hier in SA. Hul was OOK vervreemd van HUL grond ,verskuif en selfs uitgemoor.